Om 'n man te koop
Die verhale is almal helder, die inhoud is vars — aan die ongewone kant. Hoewel dit meestal die liefde tot tema neem, is daar ´n ryke verskeidenheid. Ons maak kennis met ouer enkellopers se halsstarrige en onvolmaakte verhoudings, maar sien ook hoe jonger geliefdes ‘aangehelp’ word deur ´n ouer vrou. Daar is die gebruiklike kat-en-muis-speletjies, intriges, driehoeksverhoudinge tussen mense van verskillende ouderdomme en temperamente. Dominerende mans se ongevoeligheid word aan die kaak gestel. En die eensaamheid van ´n enkellopende wat haar met ´n leuen daarteen wil verweer, word blootgelê. Tog is die goue draad wat hierdie verhale saambind die egte, warm menslikheid wat seëvier na ´n aanvanklike afsydigheid of misverstand.
Materias
Ediciones (1)
- Om 'n man te koop (2007)
Tafelberg · afr · ISBN 9780624045045





